Media
Kitchenboy's Recipe Published in Cookbook!
My Facebook friend and fellow foodista, Christelle Pretorius Botha, was kind enough to have one of the most popular recipes on this blog included in a cookbook! The Hatfield Montessori Preschool brings out a book of favourite recipes every year (I think) and the 2011 edition includes the recipe for Easy, no-bake Chocolate Peanut Butter & Oats Cookies I posted a few months ago. Nice one! Thank you for the opportunity to contribute!
Eksotiese geure en smake klop nie Namibië s'n
![]() |
Francoise Steynberg |
Kersfees is vir ons ‘n aaklige tyd in Taiwan. Dit is nie ‘n vakansiedag nie en ons moet werk. Ons verlang en ons wil by ons familie wees. Ek moes Saterdagaande tot laat klas gee en Wynand sê hy sal vir die kos sorg. Tienuur die aand toe ek doodmoeg by my huis kom, het Wynand my met ‘n Adventkrans op my voordeur verwelkom.
My sitkamer is met flikkerende kersliggies en kerse verlig en Kersmusiek speel sag in die agtergrond. Die kerriegeur van bobotie hang in die lug. Die bobotiespeserye soos komyn, steranys, pypkaneel en lourierblare het hy uit Maleisië gesmokkel. Vir nagereg was daar sagopoeding met stokke pypkaneel en hompe appelkooskonfyt.
Dit was my sesde, my beste en my laaste Kersfeesvieringe in Taiwan."
From Ek sê maar net, Republikein, by Francoise Steynberg
23 April 2009. Original article here.
Verleidelike Suid-Afrikaanse kos
From Verleidelike Suid-Afrikaanse kos, Die Burger blogs, by Anton J. Jansen
12 April 2011. Original article here.
KITCHENBOY IN TAIWAN SE OREO SJOKOLADETRUFFELS
Donderdag 31 Maart 2011
Program: Oggend op RSG
Porsies: 45 tot 50
Porsies: 45 tot 50
31 March 2011. Original recipe in Afrikaans here.
Bookkeeping and 2011 Bloggers on RSG - by Nina Timm
Did you know that Kitchenboy in Taiwan was the first male food blogger to be featured on Kuberkok on South African radio station RSG? It is hosted by the well known foodista and all-round wonderful person, Nina Timm of www.my-easy-cooking.com.
This what she wrote -
Die pad na my hart loop ook maar deur my maag
![]() |
Francoise Steynberg |
DIE pad na ’n man se hart loop glo deur sy maag. Die pad na my hart loop beslis ook deur my maag. ’n Man in ’n pak doen niks aan my hormone nie, maar ’n man met ’n voorskoot voor die stoof is erg verleidelik. Des te beter as sy kos lekker smaak.
Ek was voorheen lief vir bak en kook, want my ma was lief daarvoor. Twee dinge het my egter laat ophou kook. Die eerste ding is dat ek vyf duime het en altyd iets laat val of een van die duime byna afsny of verbrand.
Die ander ding is dat ’n nare, kwaai man eendag my kerrienoedelslaai in die asdrom gegooi en klomp glase melk in sy keelgat afgegooi het.
Glo te veel gebrand. Gmf! My selfbeeld voor die stoof het ’n sielkundige knou gekry. In Taiwan het ek min gekook, want ek het ses dae ’n week saans tot tienuur klas gegee.
Dis goedkoper om kos op die straatmark te koop as om te kook. Boonop is die kombuisies piepklein en daar is ook nie oonde nie, net sulke klein Hello Kittyoondjies waarin jy ’n snytjie brood kan rooster.
So het my Suid-Afrikaanse vriend, Wynand van Ellewee, met my laaste Kersfees in Taiwan vir my ’n hemelse bobotie in my kombuis in daai klein oondjie opgedis. Wynand mag maar lekker kook.
Dit is baie moeilik om Westerse kos in Taiwan te kook, want om die regte bestanddele en speserye te vind, is moeilik. My gunstelinge soos skaapvleis, kaas en olywe is peperduur. Maar Wynand is altyd skeppend met die bestanddele wat in Taiwan te vinde is en die geheime speserye vir sy heerlike bobotie en kerriegeregte het hy uit Maleisië gesmokkel.
So het Wynand die vlammetjie in my aangesteek om weer te kook. In Namibië is kollega Ruhan ’n bobaaskok. Dis vir my lekker om saam met hom te kook en boonop lyk hy nie te onaardig met sy lang lyf in ’n voorskoot nie.
As ek saam met hom kook, moet ek skil, kap en rasper. So het ons saam vir my eerste verjaardagpartytjie terug in Namibië vir my gaste soos wafferse chefs gekook.
Toe ek onlangs in Indië was, het my Afrikaanse skrywersvriend, Marion Erskine, my aan botterhoender bekendgestel. Dit was so lekker dat ek die laaste sous in die bak met my naan, ’n Indiese brood, uitgevee het.
So e-pos ek vir Wynand ’n resep van die botterhoender en sê hy moet dit probeer. Wynand het ’n “blog” in Taiwan, Kitchenboy, waar hy sy resepte en foto’s van sy geregte op die internet publiseer.
Een van die resepte is ’n mayonnaise-sjokoladekoek waaroor bakkers wêreldwyd gaande was en almal het foto’s van hul koeke ingestuur. Toe besluit Wynand om ’n wêreldwye “cookalong” te hou. Hy gee toe vir sy “blog”-volgelinge ’n keuse van vyf disse.
Die botterhoender is toe die wenner en Wynand gee ’n resep van Gordon Ramsey. In kombuise wêreldwyd hang nou die asemrowende geure van botterhoender met speserye soos komyn, kardemom, koljander, masala en gemmer.
Jy moet jou foto van jou botterhoendergereg voor Sondag 29 Mei aan hom e-pos en hy sal dit op sy “blog” publiseer. Mense van Maleisië, Sri Lanka, Suid-Afrika, Engeland, Ierland, Skotland, Amerika, Kanada, die Verenigde Arabiese Emirate en Namibië kook saam en sommiges het al reeds hul foto’s ingestuur.
In Abu Dhabi het Marion sommer ’n “cookalong”-partytjie gereël waar ’n klomp vriende gaan byeenkom wanneer sy Indiese vriend die botterhoender gaan bak.
Ek is ’n vreeslike kompeterende mens en wil nie hê dat die Namibiërs vir die Emirate of enige ander nasie by die kospotte moet agteruit staan nie. Kom ons wys die wêreld dat ons ook lekker kan kook.
Ek wou ook ’n groot partytjie reël met Ruhan ons hoofkok vir die “cookalong”. Daar is net een probleem: Ruhan het Indië knap ná my besoek en hy het nog nie van sy kerrieskok herstel nie!

17 May 2011. Original article here.
Bookkeeping and 2011 Bloggers on RSG - by Nina Timm
![]() |
Nina Timm - My Easy Cooking |
This what she wrote -
The first male to feature in our RSG slot was Wynand or better known as the Kitchenboy in Taiwan. What a delight it was to meet this talented young man. Judged by his outgoing and friendly nature, I think the children in his classroom must have such a great time.(he teaches English in Taiwan) Wynand made Cookies and Cream Truffles and boy oh boy, did this recipe take the RSG listeners by storm. Everyone wanted this recipe!Read the full article about all the other bloggers she featured on RSG here and also check out their fantastic blogs.